|
Wat is D.COMM?
Wie is Datamax?
Wat maak Datamax anders?
Is my praktykbestuursagteware versoenbaar?
Wat kos dit?
Aan wie lewer Datamax?
Realtime" of "Batch" – wat
is die beste?
Hoe word D.COMM aan Datamax gekoppel?
Kan ons voordele aanlyn nagaan?
Hoe betroubaar/veilig is die elektroniese indiening
van eise?
Hoe weet ons of ons eise ontvang is?
Hoe vinnig sal ek terugvoer kry?
Hoe vinnig sal ek betaling kry?
Ek is nie seker oor alles nie! Sê nou ek
hou nie hiervan nie?
Goed, ek stel belang. Wat is die stappe?
Wat is D.COMM?
D.COMM is kommunikasiesagteware.
Datamax bied dit gratis aan vir kliënte wat
van ons dienste gebruik wil maak. Nadat D.COMM geïnstalleer
is, kan jy eise elektronies via Datamax stuur.
Let wel: Jy moet by Datamax registreer voordat
jy eise probeer stuur.


Wie
is Datamax?
Datamax is in 1990 gestig en spesialiseer in
mediese praktykbestuursagteware (PMS). In 1995 het ons ons aanlyn
elektroniese eisstelsel (EDI) bekend gestel. ’n Paar jaar
gelede is ons gevra (deur ander PMS-verskaffers) om ons EDI-dienste
wyer beskikbaar te stel. Hulle het gemeen meer mededinging was nodig
in die bedryf, omdat die diens wat deur bestaande elektroniese eismaatskappye
gelewer is "nie te waffers" was nie.
Datamax lewer nou elektroniese eisfasiliteite
aan meer as 1000 praktyke in Suid-Afrika.


Wat maak Datamax
anders?
Ons produk is dieselfde: ons lewer eise
elektronies af. Omskakeling na Datamax sal geen
aanpassing van jou bestaande gebruike en prosedures verg
nie.
Ons diens is beter: Datamax
is ’n jonger, leniger maatskappy – meer ingestel op
doeltreffendheid. En ons is 100% verbind tot kliëntetevredenheid.
Ons kos minder: oor die algemeen
kos ons ten minste 10% minder as enige mededinger.


Is
my praktykbestuursagteware versoenbaar?
As jy reeds elektronies eise indien (by een van
ons mededingers), JA.
So nie, kan jy ons net skakel en ons sal vir
jou vasstel of dit versoenbaar is.


Wat kos dit?
Dis GRATIS – vir die eerste
maand!!!
Daarna:
As gevolg van die unieke omstandighede van elke
mediese dissipline, is dit in ons bedryf algemene gebruik om verskillende
tariewe vir verskillende dissiplines te vra.
Oor die algemeen is ons tariewe minstens
10% laer as ons naaste mededinger.
Indien jy meer wil uitvind oor presies wat ons
sal vra, skakel ons gerus by
086 051 5125.


Aan wie lewer
Datamax?
Datamax kan eise by feitlik alle mediese fondse
in Suid-Afrika aflewer. Ons kan ook WCA-eise by Compsol aflewer
(maar jy moet eers ’n kontrak met hulle sluit!).
Datamax gebruik dieselfde aktiveringskodes
as mededingers – as jy ons stelsel probeer, sal jou
praktykbestuursagteware dus glad nie aangepas hoef te word nie.
Indien jy by Datamax registreer, sal ons vir
jou ’n lys van mediese fondse en hul aktiveringskodes stuur.
Ons versprei ook van tyd tot tyd bywerkings van hierdie lys na gelang
veranderings aangebring word.
As jy die lys van mediese fondse wil kry sonder
om te registreer, stuur ’n e-posboodskap na activ@datamax.co.za
of skakel Datamax by 086 051 5125.


Realtime"
of "Batch" – wat is die beste?
"Realtime": beteken
dat elke eis onmiddellik by die mediese fonds afgelewer word.
"Batch": beteken dat
’n klomp verskillende eise versamel en saam by die mediese
fonds ingedien word (in ’n bondel) – miskien aan die
einde van die dag.
V: "Realtime" beteken
die eise kan ’n paar uur vroeër afgelewer
word, maar verseker dit spoediger betaling?
A: Nee, want die mediese fondse doen betalings
in siklusse.
Hou egter in gedagte dat die verskaffing van
’n "realtime" infrastruktuur aansienlik meer kos.
Daarom is baie van ons mededingers so duur!
"Batch"-aflewerings verseker
groter betroubaarheid en kontrole – dís waarom
Datamax hierdie afleweringsmetode gebruik.


Hoe word D.COMM
aan Datamax gekoppel?
D.COMM kan opgestel word om een van die volgende
te gebruik:
Internet: Feitlik enige soort
internetkonneksie kan gebruik word, insluitend inbel, ISDN, koordlose
breëband, ADSL, GPRS, 3G, WiFi, ens.
Analoë modem: D.COMM kan
direk aan Datamax gekoppel word (sonder ’n internetrekening)
met behulp van ’n standaard analoë modem.
ISDN: D.COMM kan ook direk aan
Datamax gekoppel word (sonder ’n internetrekening) met behulp
van ’n standaard ISDN-modem. (Let wel: Die meeste ISDN-modems
het sogenaamde "Com Port Emulation"-sagteware nodig om
geïnstalleer te word. Dit word gewoonlik saam met die modem
verskaf.)


Kan ons voordele
aanlyn nagaan?
Ondanks die aansprake van ons mededingers, sal
die meeste mediese fondse nie hierdie inligting onmiddellik verskaf
nie.
Net soos ons mededingers, kan ons die besonderhede
van lede verifieer voordat eise ingedien word. Dit verseker die
soort akkuraatheid wat nodig is wanneer eise elektronies ingedien
word, en verkort die wagtyd voordat betaling ontvang word.


Hoe betroubaar/veilig
is die elektroniese indiening van eise?
Betroubaar: Datamax waarborg
dat elke eis sy bestemming sal bereik. Ons implementeer talle beheermaatreëls
om te sorg dat eise afgelewer word. Ons rekonsilieer ook gereeld
met die mediese fondse as ’n laaste voorsorgmaatreël.
Veilig: Enkripsie word gebruik vir nie-veilige
konneksies (soos die internet). Datamax tref al die nodige voorsorg
om die vertroulikheid van jou eise te verseker.


Hoe
weet ons of ons eise ontvang is?
Vir elke bondel wat jy indien, reageer Datamax met ’n Aanvaardingsverslag
en ’n Afkeuringsverslag.
Aflewering van eise wat op die
Aanvaardingsverslag verskyn, word deur Datamax gewaarborg.
Die Aanvaardingsverslag toon ook bondelverwysingsnommers vir toekomstige
opvolging indien nodig.
Eise wat op die Afkeuringsverslag verskyn, moet
reggestel en weer ingestuur word. Redes vir afkeuring word ook op
hierdie verslag aangedui.
Tariewe word slegs gevra vir eise wat op die
Aanvaardingsverslag verskyn.


Hoe vinnig
sal ek terugvoer kry?
Datamax dui onmiddellik aan
watter eise aanvaar is (deur Datamax) en watter eise afgekeur is
(deur Datamax).
Terugvoer van die mediese fondse neem langer,
maar gelukkig word elektroniese betalingsadviese tans deur baie
van die groter mediese fondse ontwikkel.
Die elektroniese indiening van eise waarborg
in elk geval die vinnigste moontlike reaksietyd.
Let asseblief daarop dat geen tariewe gevra word
vir eise wat deur Datamax afgekeur word nie.


Hoe vinnig
sal ek betaling kry?
Dit hang van jou af!
Praktyke wat akkurate eise betyds instuur, kan
binne 5 dae betaling ontvang!!
Onthou egter dat mediese fondse "betaalsiklusse"
toepas – die wagtyd vir betaling sal dus gewoonlik afhang
van die tyd van die maand.
Een ding waarvan jy seker kan
wees, is dat die elektroniese indiening van eise die doeltreffendste
manier is om die vinnigste betaling te verseker.


Ek is nie
seker oor alles nie! Sê nou ek hou nie hiervan nie?
Dis heeltemal verstaanbaar. Ons word almal elke
dag oorval met aanbiedinge wat "te goed lyk om waar te wees".
Jy kan tereg skepties wees.
Die oplossing: jou eerste maand
is GRATIS. Dit beteken jy kan Datamax ’n
maand lank probeer sonder om jou rekening by jou huidige elektroniese
eisemaatskappy te sluit.
Laat alles bly soos dit is,
totdat jy oortuig is dat Datamax ’n beter opsie is!
Indien die onwaarskynlike gebeur dat jy wil teruggaan
na jou ou verskaffer, haal net D.COMM van jou stelsel af ("uninstall").
Dis al!! Geen vrae word gevra nie!


Goed,
ek stel belang. Wat is die stappe?
Stap 1: Installeer D.COMM-sagteware
deur te kliek op "Installeer nou" op die D.Comm Info CD,
of jy kan dit hier aflaai - kliek
HIER.
Stap 2: Bel Datamax om te registreer - skakel 086
051 5125.
Stap 3: Gaan voort soos gewoonlik!
Die hele proses neem minder as 5 minute!!

|